K
R
I
P
T
I
E
K

Gereelde vrae (FAQ)

Laas opgedateer: Oktober 2025

Wat is Kriptiek?

Ons wil Kriptiek bou as 'n webwerf met 'n versameling woord- en letterspeletjies in Afrikaans waar 'n gemeenskap van entoesiastiese woord-verslaafdes elke dag teen mekaar kan meeding. Ons eerste speletjie was Dilemma, wat in effens ander vorm op www.binne-land.co.za bekendgestel is. Sedertdien het Blitstiek en Slimstiek ook bygekom.

Moet ek registreer om te speel?

Ja, maar dis voorlopig gratis. Dis nodig sodat ons weet wie jy is en wanneer jy speel, sodat jy onthou word met jou volgende besoek, en sodat ons jou naam op die lyste van beste spelers kan aanteken.

Wat kos dit om 'n intekenaar te word?

Dis vir eers gratis, maar dalk sal sekere opsies en voordele later net beskikbaar wees vir enigeen wat bereid is om 'n sekere maandelikse bydrae te betaal. Kontak ons gerus by die skakel onderaan die blad as jy kommentaar of voorstelle hieroor het.

Hoe kan ek my koekietoestemming verander?

Jy kan jou blaaierinstellings gebruik om koekies van ons webwerf te verwyder. Die koekie-waarskuwing sal dan weer verskyn wanneer jy die webwerf herlaai.